Roebel

’n Belarussiese 100 000-roebelnoot wat in 2005 uitgereik is.

Die roebel (Russies: рубль, roebl) is ’n geldeenheid wat tans in Rusland, Belarus en Transnistrië gebruik word. Dit was ook van 1917 tot 1991 die geldeenheid van die Sowjetunie. Een roebel bestaan uit 100 kopeks.

Ou Russiese roebeltekens uit manuskripte van die 17de eeu.

Op 1 Januarie 1998 is die roebel gedevalueer weens hiperinflasie. Die nuwe roebel was gelyk aan 1 000 ou roebels. Die moderne roebel word uitgegee deur Rusland se Bank Rossii.

’n Russiese 1 roebel, 1745.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search